wp648eb8e0_0f.jpg

Khara Hais Municipality    Webmaster

Home | Terms and Conditions | Tourism | News and Reports | Services | Tenders and Notices | Contact us

Created with Webplus

Visits counter

BEHUISING

Wat is die prosess om ’n ”Breaking New Ground” huis te bekom?

Aansoek word by die Munisipaliteit se Behuisingsafdeling gedoen, ‘n VERWYSINGSSTROKIE word aan die kliënt uitgeruik wat dien as bewys vir aansoek vir ‘n subsidie. Hierdie aansoek is onderworpe aan goedkeuring wat gelas word deur die Nasionale Behuisingsbeleid. Slegs persone wat goedgekeur word sal dan ’n “Breaking New Ground” huis kry indien daar genoegsame fondse beskikbaar is vanaf die provinsiale behuisings subsuidie befondsing.

Wie kwalifiseer vir ’n behuisingsubsidie?

1.1 Toekenning geskied in verhouding tot die aantal aansoeke op die waglys aan die hand van die kategorieë in prioriteitsorde, soos hieronder uiteengesit:

1. Getroude/geskeide persone, asook weduwee en wewenaars, met afhanklikes;
2. Gestremde persone met/sonder afhanklikes (1%);
3. Bejaarde persone (getroud/saamwoon) met afhanklikes (2%);
4. Ongetroude/saamwoon pare met afhanklikes;
5. Ongetroude persone sonder afhanklikes.

1.2 Begunstigdes moet minstens 5 (vyf) jaar in die regsgebied van //Khara Hais woonagtig wees.
Beteken dit dan dat die aansoek wat die mense alreeds gedoen het nie vir n plakkers erf ook is nie?

Nee. Die aansoeke wat gedoen was is vir ‘n Behuisingsubsidie.
Hoe doen ‘n mens aansoek vir ‘n plakkerserf?

Daar is nie ‘n prosses vir die aansoek van ‘n plakkers erf nie. Plakkers erwe word slegs op grond van kritieke prioriteits gevalle aan persone toegeken.
Wykskomitees in samewerking met wyksraadslede stel prioriteitslyste op wat by die Munisipaliteit ingedien word vir goedkeuring deur die raad.

Kan ek ‘n erf koop by die Munisipaliteit indien ek nie meer so lank kan wag vir ‘n plakkerserf nie?

Ekonomiese erwe sal binnekort te koop wees sodra die nasionale moratoruim op ekonomiese erwe opgehef word. Plakkers erwe is nie te koop by die Munisipaliteit nie.

Mag ek ander mense op my plakkerserf plaas om tydelik daar te woon?

Nee. Dit skep groot probleme en soms veroorsaak dit in sommige gevalle groot vriende of famielie twis oor wie die erf moet kry. Die Raad ken erwe toe aan individue wat ‘n groot nood het. Indien ‘n persoon nie op hy/sy erf bewoon nie verbeur hy/sy die lewensreg op so ‘n erf.

Behoort die plakkers erf dan nie aan die individu nie?

Nee, die persone wat ’n plakkerserf toegeken word kry slegs lewensreg op die erf tot tyd en wyl kaart en transport aan ‘n persoon  uitgeruik word. In die tussen tyd behoort die plakkerserf aan die raad en die persone op die erf moet volgens die voowaardes hou om te verseker dat hy/sy nie die erf  verloor nie


Wat is hierdie voorwaardes?

1. Erwe mag nie uit verhuur word nie,
2. dit mag nie verkoop word nie.
3. persone moet self die erf bewoon.

Wat as ek vir n my siek moeder in Kaapstad se hospitaal moet gaan oppas?

Skritelike reëlings moet by die Munisipaliteit getref en ingedien word indien ‘n persoon vir ‘n onbepaalde tyd nie sy erf sal kan bewoon nie.

Weet die Raad hoeveel mense ‘n behoefte het vir ‘n huis of vir ‘n plakkerserf?

Die Raad is bewus dat Upington van die vinnigs groeindste dorpe in die Noorkaap is as gevolg van ekonomiese toestande in omliggende gebiede. Die regering van die dag strewe om mense se lewensstandard op te hef deur gehalte “Breaking New Ground” huise te bou en terselfde tyd weg te doen met plakkers erwe teen 2014. Die wag lys sal opdateer word aangesien baie van die mense se omstandighede verander het tydens die afgelope 10 jaar.

Kan ons mense die huise verkoop indien dit aan hulle oorhandig word?

Nee. “Breaking New Ground” huise mag nie verkoop word binne die eertse 5 jaar nie.

Mag die persone dan hul huise verhuur?

Nee die huise mag nie verhuur word nie.  Die eienaar moet self die huis bewoon.

Mag daar n besigheid op so n perseel bedryf word?

Dit hang af watter tipe besigheid en met die nodige aansoek en toestemming,  JA.

Wat het gebeur met die 915 behuising projek? Gaan dit nog aan?

Die projek gaan nog aan. Die gerugte wat in die woonbuurt loop(dat die geld is op) is egter onwaar, die projek beweeg egter nie so vinnig soos verwag was nie maar die Gemeenskap kan versekerd wees dat die geld nie op is nie en dat die bou en betalings prosess inverhuoding plaas vind. Die raad is vol vertoue dat die projek binnekort vinneger sal verloop en dat die mense se huise vinniger gebou sal word.

Vir meer inligting kontak die Behuisingsafdeling by 054 338 7172.

wpa12c505e.png

General Information